China se ekonomie sukkel steeds

China se verbruikerspryse het in Oktober teen die stadigste pas in vier maande gestyg. Data wat vrygestel is toon ook produsenteprys-deflasie het verdiep, al het Beijing stimulering opgeskerp om die sukkelende ekonomie te steun. Met sy jongste stilmuleringsmaatreëls het die land se top-wetgewende liggaam ‘n pakket van 1,4-duisend-miljard-dollar goedgekeur om die regering se “verborge skuldlas” te hanteer, eerder as om direk geld te pomp in die wêreld se naas-grootste ekonomie, waarop sommige beleggers gehoop het.