China se beleggings in Namibië: goed of sleg?
China se vlagskip ekonomiese samewerkingsprogram is besig om terug te keer na ‘n stilte tydens die Covid-pandemie, met Afrika ‘n primêre fokus. Dit is volgens ‘n Reuters-ontleding van uitleen-, beleggings- en handelsdata. Chinese leiers haal graag die miljarde dollars aan vir nuwe konstruksieprojekte en tweerigtinghandel as bewys van hul verbintenis aan die kontinent se modernisering en “wen-wen” samewerking. Sowat 7,8 miljard Amerikaanse dollar is net op mynbou bestee, onder andere op kobalt- en litiummyne in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het by die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gaan kers opsteek oor of die beleggings van China in Namibië ‘n goeie of slegte ding is.