China sal ons help om 100 boorgate te boor

Finansminister Ipumbu Shiimi, sê die regering beplan om 100 boorgate regoor die land te boor met die hulp van China. Shiimi is tans in die Noorde besig met konsultasies vir die middeltermynbegroting. Hy sê daar is 2,2 miljard Namibiese dollar begroot om watertekorte aan te spreek. Hy het op Omuthiya gepraat en het watervoorsiening ook aan die gebied belowe. Daar is reeds 29 boorgate deur landbou in Oshikoto geboor en drie gronddamme is onder konstruksie.