China sal Namibiese skaapvleis, bokvleis en gedroogde vrugte invoer

China het Namibië se uitvoer van skaapvleis en gedroogde vrugte goedgekeur. President Nangolo Mbumba het die aankondiging gemaak met sy aankoms in die land na sy besoek aan Beijing vir die Forum oor China-Afrika-samewerking. Mbumba sê al die dokumentasie is voltooi. Bokvleis sal ook deel vorm van die uitvoere. Volgens die president sal Namibië voorkeurinvoer-bepalings geniet. China ontvang reeds Namibiese beesvleis.