China rol rooitapyt uit vir Mbumba, Afrika-leiers

China het die rooitapyt uitgerol vir leiers van regoor Afrika, wat Namibië se president Nangolo Mbumba insluit, en wil bande versterk met dié hulpbron-ryke vasteland. Beijing sê dié week se China-Afrika-forum sal sy grootste diplomatieke geleentheid sedert die Covid-19-pandemie wees, met tientalle leiers en afvaardigings wat verwag word. President Cyril Ramaphosa het vandag aangekom vir ‘n besoek van vier dae waartydens hy ook die suidelike tegnologie-stad Shenzhen sal besoek. Die twee lande sal ‘n aantal ooreenkomste onderteken wat gemik is op die versterking van ekonomiese samewerking en die instelling van tegniese ooreenkomste.