China, Navo betrokke in woordewisseling oor Rusland

China het uitgevaar teen Navo nadat die verdedigings-alliansie se hoof hom beskuldig het dat hy Rusland se oorlog in Oekraïne steun. Dit het gebeur op die vooraand van ‘n driedaagse beraad in Washington waar die Amerikaanse president, Joe Biden, leiers van die 32 lidlande van die Trans-Atlantiese alliansie ontvang, sowel as die leiers van Australië, Nieu-Seeland, Japan en Suid-Korea. NAVO se sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, sê China, Iran en Noord-Korea steun Rusland se oorlog in Oekraïne. China sê Navo gebruik hom as verskoning om ooswaarts te beweeg en streekspanning te verhoog.