China laat Amerikaanse pastoor vry na 18 jaar

China het ʼn Amerikaanse pastoor, David Lin, vrygelaat wat sedert 2006 in die tronk was. Die 68-jarige Lin is skuldig bevind aan kontrakbedrog. Volgens Washington is hy wederregtelik aangehou en vra Beijing al jare om hom vry te laat. Lin is met sy gesin in Texas herenig. China hou verskeie ander Amerikaanse burgers aan, insluitend sakeman, Kai Li, wat in 2016 van spioenasie aangekla is en Mark Swidan wat sedert 2012 in die tronk is weens dwelmsmokkelary.