China het ook sy visier op Namibiese groenprojekte

China is die jongste land wat belangstelling in Namibië se hernubare energie-industrie uitgespreek het, veral in die ontwikkeling van groenwaterstof. ‘n Administrateur by die Nasionale Energie-administrasie van China, Zhang Jianhua het ‘n hoflikheidsbesoek aan President Hage Geingob by Staatshuis gebring. Geingob sê Namibië bly oop vir beleggers van regoor die wêreld vir die ontwikkeling van die nuwe groenwaterstof- en sintetiese brandstofbedryf. Hy sê deure staan steeds oop vir China omdat hy die kundigheid het. Geingob het gesê dat die twee lande reeds ‘n mate van samewerking het, met ‘n paar Chinese maatskappye wat betrokke is by die ontginning van seldsame minerale in Namibië, wat gebaseer is op wet en orde.