China, Filippyne blameer mekaar vir botsing tussen skepe
China en die Filippyne beskuldig mekaar na die botsing tussen hulle kuswagvaartuie in ‘n bestrede gebied van die Suid-Chinese See. Die Filippyne beweer ‘n Chinese skip het direk en met opset in hulle vaartuig vasgevaar, terwyl Beijing die Filippyne beskuldig van ‘n opsetlike botsing met ‘n Chinese skip. Die botsing naby die Sabina-sandbank is die jongste voorval tussen die twee lande oor verskeie eilande en sones in die gebied. In die afgelope twee weke was daar minstens drie ander insidente waarby skepe van die twee lande betrokke was.