Chili ondersteun SA se volksmoordsaak by Wêreldhof
Chili het by die lande aangesluit wat Suid-Afrika steun in sy volksmoordsaak teen Israel in die Internasionale Geregshof. Die hof oorweeg tans Suid-Afrika se saak, maar het Israel intussen beveel om alles moontlik te doen om dade van volksmoord te vermy in sy oorlog teen Hamas. Die Chileense president, Gabriel Boric, sê sy land is steeds ontsteld oor wat hy beskryf as die Israelse Weermag se onoordeelkundige en buitensporige optrede teen onskuldige burgerlikes, veral Palestynse vroue en kinders, in Gaza.