Chiles-medalje: Sport-hof sê hy was onpartydig
Die Hof vir Arbitrasie in Sport ontken dat hy partydig was toe hy VSA Gimnastiek se appèlaansoek verwerp het, teen die Internasionale Gimnastiekfederasie se besluit om die Roemeen Ana Barbosu van vierde na derde plek op te gradeer in die vloer-eindronde vir vroue. Dit het die Amerikaner Jordan Chiles ‘n medalje ontneem. Die hof het Roemenië se betoog gehandhaaf dat die VSA nie binne die voorgeskrewe minuut beswaar gemaak het nie. Die Amerikaanse media beweer die hoof van die hof se appèlpaneel het bande met Roemenië.