Chemiese aanval in Brittanje bewys dat Rwanda-plan sal werk

Die chemiese aanval in Clapham in Brittanje waar ‘n man wat asiel in Brittanje gekry het ‘n vrou en haar twee kinders met chemikalieë aangeval en beseer het, is in die nuus. Die verdagte, wat gevlug het maar bekend is, het ‘n kriminele rekord vir seksuele geweld gehad en vra word gevra oor hoe hy asiel in Brittanje gekry het. Die Britse minister vir kinders David Johnston sê dit is presies waaroor die Rwanda-wetsontwerp gaan.