Cheeze Louise… Dis baie kaas!!!

Wat is die maksimum aantal kaasskywe wat jy per dag sal eet?

‘n 30-jarige man van Arizona het byna oornag bekendheid verwerf met ‘n ongewone en fassinerende uitdaging om hierdie einste vraag op die proef te stel. In ‘n video wat op TikTok geplaas is, het die TikToker @cheeze_louise__ gesê hy sal ‘n sny kaas eet vir elke nuwe volgeling wat hy aanteken. In die eerste twee dae het hy 24 volgelinge bygekry, so dit het sy uitdaging taamlik doenbaar gemaak. Maar toe kry hy tienduisende volgelinge oornag en kon nie die uitdaging volhou nie. Sy tweede video het meer as vier miljoen kyke gekry.

Foto: @cheeze_louise__ TikTok

Toe hy op dag drie begin om sy volgende video te verfilm, het hy reeds 30 000 volgelinge bymekaargemaak. Teen die tyd dat hy die video opgelaai het, het hy 75 000 volgeling gehad. In die video het hy gesê dat sy uitdaging nie meer haalbaar is nie.  

Cheeze_louise__, wie se regte naam Steven is en slegs met sy voornaam geïdentifiseer wil word, het nou meer as 178 000 volgelinge. Volgens Steven wil hy sy roem gebruik om terug te gee aan sy gemeenskap en ‘n kaas-tema “influencer” word.