Cheetah Conservation Fund se waghonde voorkom veeverliese

Die Cheetah Conservation Fund bepleit dat jagluiperds vry in die natuur lewe deur boere op te voed sodat hulle in harmonie met die roofdiere kan leef. Dr Laurie Marker, die fonds se stigter, sê boere behoort van die waghonde wat hulle teel aan te skaf. Die fonds het reeds 800 van die spesiale waghonde geteel en sowat 200 van hulle werk tans op plase om veeverliese te voorkom.