Cheetah Cement-werkers se betoging eers op ys

Die beplande vreedsame betoging deur werkers van die Cheetah-sementfabriek buite Otjiwarongo is uitgestel nadat die Otjozondjupa-goewerneur, James Uerikua ingegryp het. Meer as 200 werkers het vir vanoggend ‘n vreedsame betoging beplan en ‘n petisie aan Uerikua en die streeksraad gelewer. Die betoging word gelei deur lede van die Mynwerkers-unie van Namibië en die Namibiese werkers eis salarisverhogings.