Charlize se Afrika-projek herdenk 15 jaar

Charlize Theron se Afrika-uitreikprojek het die afgelope naweek sy 15de-bestaansjaar in Wes-Hollywood gevier. Die doel van die projek is om met gemeenskapsorganisasies saam te werk om gesondheid, opvoeding en veiligheid van die jeug in Suid-Afrika te bevorder en ‘n meer gelyke toekoms vir almal te skep. Theron was by die geleentheid en nog ‘n Suid-Afrikaanse aktrise, Thuso Mbedu het dit bygewoon. Mbedu sê die werk van die uitreikprogram is ontsaglik belangrik.