Charlie Charlie-speletjie lei tot beswyming in Gr 5-leerders in hoofstad
Video’s van kinders in ‘n beswyming, leerders van Eros Laerskool in die hoofstad het Kosmos 94.1 Nuus bereik, saam met ‘n brief, op ‘n briefhoof, van die skool. Luidens die brief het ‘n groep graad 5-leerders Vrydag 20 Oktober ‘n speletjie met die naam Charlie Charlie gespeel. ‘n Tipe ouija-bord met ja en nee daarop word blykbaar gebruik om demone op te roep. Die skoolhoof Jacobina Hamata het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die insident wel plaasgevind het. ‘n Vergadering met owerhede en ouers is reeds op 23 Oktober gehou en kundiges is ingeroep om die kinders te behandel. Die skool doen ‘n beroep op alle ouers om te alle tye waaksaam te wees.