Charley die olifant kry nuwe tuiste
Charley, ʼn volwasse Afrika-olifantbul wat meer as twee dekades deel was van die Nasionale Dieretuin in Pretoria, tree af en word by ʼn wildreservaat hervestig. Charley se gevorderde ouderdom is een van die faktore wat tydens die besluit in ag geneem is. Die olifantbul sal sy aftrede by die Shambala- private wildreservaat, in die Waterberg-streek van Limpopo, deurbring. Charley het in Julie 2001, ná jare by ʼn sirkus, ʼn tuiste by die dieretuin gevind en is al 23 jaar lank ʼn inwoner daar. “Hy moes nog nooit vir homself in die natuur sorg nie. Tydens sy tyd by die dieretuin het Charley nie net duisende besoekers vermaak en opgevoed nie, maar ook bygedra tot verskeie navorsingsinisiatiewe wat van onskatbare waarde is vir die bewaring en bestuur van olifante. Charley sal aanvanklik alleen aangehou word, terwyl hy by sy nuwe omstandighede aanpas. Plaas ‘n foto op facebook wat jy al van ‘n olifant geneem het.