Charles-banknote samel 11-keer in wat hulle werd is
Britse banknote met ‘n sigwaarde van byna 80 000 pond het meer as 11-keer die bedrag ingesamel vir welsyn op ‘n reeks veilings. Die 5-, 10-, 20- en 50-pondnote met koning Charles se gesig daarop is in Junie uitgegee. Hy het ‘n volledige stel eerste uitgawes ontvang, elk met ‘n reeksnommer wat eindig op 000001, terwyl honderde ander banknote met lae reeksnommers opgeveil is. Die vier veilings van die afslaer Spink in Londen het altesaam net meer as 914 000 pond opgelewer. Die opbrengs word onder tien welsynsorganisasies verdeel.