Chaos met gegradueerde Namibiërs in Kuba

Plaaslike media berig dat ongeveer 150 Namibiese gegradueerdes in Kuba gestrand is na hulle vlug ter elfder uur gekanselleer is. Die studente, wat almal medies gestudeer het ingevolge die ooreenkoms tussen die twee lande, sê net vyf van die 175 studente kon tot dusver terugkeer Namibië toe terwyl ander verskeie verskillende vlugte geneem het wat tot 20 uur onderbrekings in vliegtyd het. Hulle sê die groep wat wel vertrek het is etlike ure voor hulle moes vlieg, daarvan ingelig. Die gesondheidsministerie is volgens hulle herhaaldelik van die uitdagings ingelig. Dit kom na die ministerie vertrekdatums van 3 tot 9 September aangekondig het maar, die lys het nie almal se name bevat nie.