Chaos in Oos-Europa na Boris

Die dodetal weens die oorstromings in Sentraal-Europa het tot minstens 19 gestyg ná die dodelike storm Boris gelei het tot vyf keer die gemiddelde September-reënval binne vier dae. Sterftes is in die Tsjeggiese Republiek, Roemenië, Hongarye en Pole aangemeld. Die premier van die Tsjeggiese Republiek, Petr Fiala, het gesê meer as 13 000 mense is ontruim en tien-duisende huishoudings is steeds sonder krag. Agt mense in die land is steeds vermis as gevolg van die storm.