Chaos in Mosambiek

Die ANC vra vir kalmte in Mosambiek te midde van toenemende onrus na die verkiesing en bewerings van bedrog deur die opposisieleier, Venâncio Mondlane. Hy beweer hy het ‘n sluipmoordpoging in Sandton, Johannesburg, oorleef. Die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, bevestig daar is deurlopend samesprekings met die regerende Frelimo-party in Mosambiek om ʼn vreedsame oplossing te beding. Betogings word vir Donderdag beplan en sleutelroetes is geblokkeer. Die ANC onderskryf die belangrikheid van stabiliteit in die streek. Die Grensbestuursowerheid het die Lebombo-grenspos tot verdere kennisgewing tydelik gesluit ná gewelddadige betogings in Mosambiek. Errol Bowles wat in die land woon het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.