Chaos in Johannesburg? Waarneming het nog nie begin nie…

‘n Afvaardiging van die Namibiese Verkiesingskommissie en 18 politieke partye het nog nie begin met die waarneming van die druk en verpakking van stembriewe in Johannesburg nie. Die groep het reeds Sondag vertrek en die proses moes Maandag reeds begin het omdat tyd min raak. Ivan Skrywer van die LPM sê al die partye kan nie saam in een groep die proses waarneem nie. Hy sê hulle het Ren-Form opdrag gegee om die probleem op te los en nou wag hulle. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.