Chaos heers in noorde van Mali
Die Verenigde Nasies se vredesmagte wat inderhaas hul basisse in die noorde van Mali verlaat, moet miljoene Amerikaanse dollar se sensitiewe toerusting vernietig om te verhoed dat dit in die verkeerde hande beland, volgens die VN. Daar heers chaos in Noordelike Mali weens gevegte tussen Toeareg rebelle en regeringsmagte wat meeding om beheer oor gebiede wat die VN ontruim. Bloedige konfrontasies het minstens twee VN-basisse omring en twee is ook geplunder, volgens bronne met direkte kennis van die onttrekking. Minstens ‘n dosyn vredesmagte is beseer deur ploftoestelle wat deur VN-konvooie op pad suid getref is.