Chaos by Unisa, 380 000 take nie nagesien nie

Die Nasionale Verteenwoordigende Studenteraad van die Universiteit van Suid-Afrika is uiters besorg dat 380 000 werksopdragte wat studente gedurende die eerste semester ingedien het, nog nie nagesien is nie. Dit het aan die lig gekom in hofdokumente wat verband hou met die geskorste registrateur, Steward Mothata. Hy word beskuldig van vertrouensbreuk en ampsmisbruik. Die voorsitter van die raad, Inga Khetwa, sê die agterstand is te wyte aan ʼn tekort aan eksterne nasieners en ʼn foutiewe oplaaistelsel: