Chakwera uitgejou by Chilima se begrafnis

Malawi se president, Lazarus Chakwera, en ander regeringsamptenare is uitgejou by die begrafnis die naweek van visepresident Saulos Chilima, wat verlede week in ’n vliegongeluk dood is. Kalmte is eers na die ingryping van Katolieke priesters herstel. Die stadion met 41 000 kapasiteit was vol, met meer mense buite. Chakwera het tydens die diens ‘n volledige ondersoek na die oorsaak van die ongeluk belowe en gesê dat hy buitelandse regerings gevra het om te help. Chakwera het vroeër gesê die militêre vliegtuig het neergestort as gevolg van swak sigbaarheid weens slegte weer, maar Chilima se UTM-party het gevra vir ‘n deeglike en onafhanklike ondersoek.