Centurion word brandpunt van kapings in SA
Die polisie in Gauteng waarsku padgebruikers om waaksaam te wees wanneer hulle in Centurion en omliggende gebiede bestuur weens ‘n toename in motor- en vragmotorkapings in die gebied. Motors word op die R21, N1 en snelweë naby afritte gekaap. Misdadigers teiken hierdie motors op afritte waar dit onmoontlik is vir bestuurders om om te draai. Die Lyttelton-polisiewoordvoerder, Dave Miller, sê hulle teiken hoofsaaklik Toyota Hilux en Ford-bakkies sowel as Lexus-modelle: