Cenored sal nie besighede, plase se krag opstoot nie

Die aankondiging van nuwe tariewe vir elektrisiteit die week het groot opslae gemaak omdat ekonomiese druk op alle fronte ervaar word. Intussen het Cenored, die kragverspreider vir die sentrale gebied, aandkondig dat tariewe vir algemene besighede, en plase, nie verhoog sal word nie. Volgens Charlie Matengu, Cenored se woordvoerder sal net huishoudelike tariewe verhoog word met 33,7 eenhede krag wat per 100 Namibiese dollar vanaf 1 Julie aangeskaf sal word. Matengu sê die verhoging is broodnodig om opersionele kostes en die instandhouding van infrastruktuur te dek.