Cenored-kliënte het maand oor vir meter-opdaterings
Inwoners van die Otjozondjupa, Omaheke, Kunene en Oshikoto-streke het ‘n maand oor om hul voorafbetaalde meters vir die Token Identifier-omrolprojek te laat opdateer. Die projek het op 25 Oktober verlede jaar begin. Die voorafbetaalde metersagteware verhoog sekuriteit omdat voorafbetaalde meters verbruik kan naspoor en ook die aantal mense wat met elektrisiteitsmeters peuter, kan beperk. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Chali Matengu, die Cenored-woordvoerder, wat meer inligting gee.
TERUG: Inwoners word aangemoedig om hul meters voor die afsnydatum op te dateer deur Cenored te kontak.