Celine Dion se vooruitsigte meer belowend

Nadat sy met kundiges geraadpleeg het, lyk Celine Dion se vooruitsigte meer belowend, en sy is nie meer geïsoleer nie.

Volgens ‘n bron wat met Life & Style gepraat het, “was die jare wat gelei het tot haar Stiff-Person-diagnose vol verwarring en vrees vir die sanger”.

Dit blyk met die hulp van familie en baie ander kundiges dat dit beter met Celine gaan.

Deesdae is Celine glo in ‘n gesonder toestand, maar sy bly bewus van haar beperkings – sommige dae is beter as ander. Dit kan glo vir haar redelik intimiderend wees dat mense kan sien hoe broos sy is.

Bronne na aan Celine het ook berig dat hoewel sy ‘n paar note in die kleedkamer by ‘n yshokkiewedstryd gesing het, sy nog nie ‘n punt bereik het waar sy gereed is om haar sangloopbaan te hervat nie.

Foto: Verskaf