Cele se besoek aan Parys ondersoek

Die DA verwelkom die Openbare Beskermer se ondersoek ná die besoek van die Suid-Afrikaanse polisie-minister, Bheki Cele, en sy assistent aan Parys vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi, wat na bewering deur ‘n ongeïdentifiseerde privaat maatskappy betaal is. Die party wil weet of Cele in stryd met die Wet op Etiek van Uitvoerende Lede opgetree het. Okkie Terblanche van die DA beplan om amptelik ʼn etiekklagte by die parlement in te dien en voer aan Cele se optrede is teenstrydig met sy verpligtings en pligte as ʼn parlementslid.