Cele in is KZN oor hernude taxi-moorde

Taxi-geweld het weer sy kop uitgesteek in KwaZulu-Natal. Die buurland se polisieminister Bheki Cele en KwaZulu-Natal se LUR vir Vervoer, Gemeenskapsveiligheid en Skakeling, Sipho Hlomuka vergader vandag met rolspelers in die taxibedryf in Ladysmith. Dit is ‘n poging om blywende oplossings te vind vir die voortdurende geweld en intimidasie tussen strydende taxiverenigings. Die woordvoerder van die ministerie, Lirandzu Themba, sê tientalle taxi-eienaars is in minder as ‘n maand in die provinsie afgemaai: