CCF: Dit gaan beter met siek jagluiperd in Indië

Dit gaan beter met die Namibiese jagluiperdwyfie in Indië wat siek geword het. Daar is vasgestel dat sy gedehidreer is en nierprobleme het. Veeartse is vanaf Bhopal met sonar-toerusting laat kom. Indiese eerste minister Narendra Modi het die agt jagluiperds – vyf mannetjies en drie wyfies – in die Kuno Nasionale Park in Madhya Pradesh op 17 September 2022 vrygelaat. Dr. Laurie Marker van Cheetah Conservation Fund het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die jagluiperd se nierprobleme en dehidrasie nie ’n oorsaak is van die omgewing of omstandighede in hul nuwe tuiste nie.