CBI se Botha vra Woensdag vir borg
Coenie Botha en sy vrou Charlotte Murove sal Woensdagoggend in die landdroshof ‘n formele aansoek vir borg bring. Die twee, van CBI Exchange het vanoggend vlugtig voorgekom nadat hulle weer gearresteer is, nadat owerhede hulle papierwerk in plek gekry het. Die twee word van bedrog van 160 miljoen Namibiese dollar beskuldig en oortreding van die Wet op Bankinstellings.