IDF ry met beseerde Palestyn op enjinkap rond

Israeliese soldate het ‘n gewonde Palestynse man op die enjinkap van ‘n militêre jeep vasgemaak tydens ‘n klopjag in die besette Wes-oewer stad Jenin. ’n Video wat op sosiale media sirkuleer en deur Reuters geverifieer is, wys Mujahed Azmi op die jeep wat verby twee ambulanse ry. Die Israeliese weermag sê in ‘n verklaring die “optrede van die magte in die video stem nie ooreen met die waardes” van die Israeliese weermag nie. Die voorval sal ondersoek en hanteer word.