Cassius, grootste soutwaterkrokodil in gevangenskap, het gevrek
‘n Australiese soutwaterkrokodil wat die houer was van die wêreldrekord as die grootste krokodil in gevangenskap het gevrek. Cassius, wat meer as ‘n ton geweeg het, se gesondheid het van middel-Oktober af agteruitgegaan. Die Marineland Melanesia-krokodilhabitat op Green Island naby die toeristedorp Cairns sê hy was by die habitat sedert 1987 nadat hy vervoer is uit die naburige Noordelike Gebied, waar krokodille ‘n sleuteldeel uitmaak van die streek se toeristebedryf. Daar word geskat hy was minstens 100-jaar oud en was 5,48-meter lank.