Capu het hulp nodig om diere te help

Die Namibiese diere-welsynsorganisasie, Civilian Animal Protection Unit, bekend as Capu, staar ‘n baie moeilike situasie in die gesig in hul poging om voort te gaan om diere in nood by te staan. Charne Wasserfall, stigter van Capu, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die organisasie se uitgawes vir Maart was byna 90 000 Namibiese dollar en die skenkings wat ontvang word is net meer as 16 000 dollar. Capu het dringend hulp nodig sodat die organisasie sy planne ten volle kan implementeer.