Capu bekommerd oor hondediefstal in Rehoboth

Die Civilian Animal Protection Unit, Capu, is bekommerd oor hondediefstal in Rehoboth. Die honde word glo gesteel, geslag en verkoop aan kapana-handelaars. Volgens Capu is ‘n Weimaraner-hond wat sewe jaar gelede vir 6 000 Namibiese dollar gekoop is, vir 70 dollar verkoop. Capu-stigter Charne Wasserfall het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê die polisie is ook nie juis behulpsaam nie.