Capricorn staan vas by vroue krieketspan

Die Capricorn-groep het sy ooreenkoms ter waarde van 300 000 Namibiese dollar met Krieket Namibië hernu en sal die borg vir die nasionale vrouespan bly. Joanie Kreft, die handelsmerk-bestuurder van die Capricorn-groep sê hulle is baie opgewonde.