Capricorn ondersteun kleintjies se ontwikkeling

Die Capricorn-stigting ondersteun die opgradering van tien vroeë kinderontwikkeling-sentrums in Oshakati se informele nedersettings. Die stigting het 400 000 Namibiese dollar aan Development Workshop Namibia geskenk vir sy projek om die kwaliteit van dié sentrums in informele nedersettings te verbeter. Tien van die 56 sentrums sal nou opgradeer word met 300 kinders wat baat daarby sal vind, asook ‘n verdere 1 400 kinders van 46 sentrums in Oshakati wat die dienste van biblioteke sal deel. Marlize Horn, uitvoerende hoof van korporatiewe sake van Capricorn, is aan die woord.