Capricorn Eagles wen eerste wedstryd in Uganda-reeks

Die Capricorn Eagles het hulle wedstryd teen Nigerië met 9 lopies gewen. Die span speel tans in ‘n vierhoekige reeks teen Uganda, Nigerië en Rwanda as deel van hulle kwalifisering vir die IKR se T20 Vroue-wêreldbeker. Yasmeen Khan is as speler van die wedstryd aangewys. Die span se volgende wedstryd is môremiddag net voor twee-uur teen Uganda. Hulle speel in Entebbe in Uganda.