Capricorn Eagles speel vandag teen Rwanda

Die Namibiese vroue-krieketspan die Capricorn Eagles speel vanoggend om half-tien hulle derde wedstryd, die een teen Rwanda, in die vierhoekige reeks teen Uganda, Nigerië, en Rwanda. Die span het Nigerië met nege lopies verslaan maar het met vier paaltjies teen Uganda verloor. Die reeks vorm deel van die Afrika-kwalifiserende reeks vir die IKR se T20 Vroue-wêreldbeker. Die span speel in Entebbe in Uganda.