Capricorn Eagles speel in driehoekige reeks in Whk

Die Capricorn Eagles, Namibië se nasionale vroue krieketspan, speel vanaf 20 tot 26 April in ‘n driehoekige reeks teen Zimbabwe en Uganda. Irene van Zyl sal die Namibiese dames as kaptein aanvoer. Die wedstryde vind op die CCD krieketveld in die hoofstad plaas. Krieket Namibië se hoof uitvoerende beampte Johan Muller sê dit is ‘n voorreg om gasheer te wees vir die eerste vroulike driehoekige reeks in Namibië. Die eerste wedstryd skop om half-tien op 20 April af met Zimbabwe teen Uganda. Die Capricorn Eagles speel daardie middag om half drie teen Zimbabwe.