Capitol Hill-aanvaller kry 20 jaar

‘n Man van Kalifornië wat ‘n polisiebeampte met ‘n vlagpaal en ander voorwerpe tydens Amerika se 6 Januarie-betoging by Capitol Hill aangeval het, is 20 jaar tronkstraf opgelê. Die 37-jarige David Dempsey, wat as een van die gewelddadigste lede van die skare tydens die onluste beskou word, het skuld beken. Meer as ‘n duisend mense is vir misdade wat met die betoging verband hou, gearresteer, terwyl honderde skuldig bevind is. Slegs Enrique Tarrio, die voormalige leier van die verregse Proud Boys-groep het ‘n langer vonnis van 22 jaar gekry.