Cannes-filmfees verwag meer as 2 000 keuring-aansoeke

Die amptelike keuringsdirekteur van die Cannes-filmfees, Thierry Fremaux, sê hulle verwag om vanjaar die 2 000-kerf verby te steek met rolprente wat vir keuring ingedien word. Spanning bou reeds op vir vanjaar se fees, met Furiosa: A Mad Max Saga wat reeds bevestig is as première by die fees en Quentin Dupieux se A Second Act, met Léa Seydoux in die hoofrol, wat die openingsaand-rolprent sal wees. Fremaux sê vanjaar se Cannes-filmfees sal deur die Amerikaanse rolprentvervaardiger, Greta Gerwig, gelei word, wat die regie behartig het van die loket-treffer, Barbie.