CAN vra hulp om Huis Acacia te beveilig

Die Kankervereniging van Namibië versoek dringend bystand om diefwering by vensters by Huis Acacia in Windhoek te installeer, weens veiligheidskwessies. Hulle doen ‘n beroep op die publiek wat in staat is om kwaliteit arbeid te verskaf terwyl die vereniging die metaal verskaf, of diegene wat ‘n mededingende kwotasie kan gee, om hulle te kontak vir verdere besonderhede. Kosmos 4.1 Nuus het met die Kankervereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, gesels.