CAN sê oor sarkoom en beenkanker in die land

Die Kankervereniging van Namibië het nuwe statistieke bekend gemaak wat die impak van sarkoom en beenkanker op die Namibiese bevolking openbaar. Sowat 15 Namibiërs word jaarliks met hierdie tipe kankers gediagnoseer. Die vereniging sê dit beklemtoon die behoefte aan geteikende bewusmaking- en gesondheidsorg-strategieë. Kosmos 94.1 Nuus het met die Kankervereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, oor hierdie kankers gesels.