Cameron waarsku oor Rafah-offensief

Die Britse minister van Buitelandse Sake, David Cameron, sê Israel moet ernstig nadink voor verdere optrede in die suidelike stad Rafah in Gaza. Die Hamas-beheerde ministerie van Gesondheid in Gaza sê 67 mense is Sondagaand in Israeliese lugaanvalle in Rafah dood. Die stad bied skuiling aan meer as die helfte van Gaza se bevolking van 2,3-miljoen wat gevegte elders ontvlug het. Cameron sê die mense in Rafah het geen ander heenkome nie: