Cameron se opvolg Avatar breek rekords

James Cameron se opvolgtreffer Avatar: The Way of Water het wêreldwyd meer as 34,36 miljard Namibiese dollar se kaartjies verkoop. Dit is die sesde fliek in die geskiedenis wat hierdie mylpaal bereik wat ook treffers soos Avatar, Titanic en Star Wars: The Force Awakens insluit. Sedert Avatar: The Way of Water in Desember vrygestel is, het dit meer geld in China, Frankryk, Duitsland, Korea en die Verenigde Koninkryk gemaak. Cameron is verantwoordelik vir drie van die ses flieks wat die meeste geld ooit gemaak het.