Cameron sal nie ophou om wapens aan Israel te verskaf nie

Brittanje se minister van Buitelandse Sake, David Cameron, sê hoewel hy nie ‘n groot grondaanval op Rafah in Gaza sal steun nie, gaan die land nie wapenuitvoere na Israel opskort nie. Brittanje verskaf slegs 1 persent van Israel se wapens. Cameron voer aan die verbod op wapenuitvoere na Israel sal Hamas net versterk. Hy het Israel aangemoedig om meer te doen om burgerlikes te beskerm en humanitêre hulp na Gaza toe te laat.